MENU

Where the world comes to study the Bible

Nie my wil nie, maar U Wil geskied!

Vertaal deur Cosmos Booysen

My Wil Kan Lelik Raak

Ek geniet dit om betrokke te raak in my kinders se buitemuurse aktiwiteite. Ek haas my om te gaan kyk hoe hulle leer en ontwikkel en om hulle aan te moedig - my gunsteling tydverdryf. Ek gaan kyk hoe hulle swem, hokkie speel, perdry, skermkuns doen, ens. (Ek het vier kinders, so daar is baie aktiwiteite om by te woon). Dit is groot pret.

So is ek die ander dag na my seun se skermkunsklas en het myself naby die aksie sitgemaak, aandagtig dopgehou hoe hy sekere nuwe skerm tegnieke, skoppe en metodes aanleer. Hy het gevra dat ek voor sit en oplet op hierdie spesifieke dag, omdat hy nuwe ‘bewegings’ gaan aanleer. Die swartgordel se demonstrasie was indrukwekkend maar meer indrukwekkend (vir my), was hoe goed my seun vorder in sy vermoë om hierdie ingewikkelde maneuvers uit te voer. (Gesê soos ‘n ware, onbevooroordeelde ouer!)

Terwyl ek daar sit in ‘n ietwat klein uitkykarea en die woeligheid op die gimnasiumvloer geniet, het ‘n drie- of vierjarige kind begin soebat by sy ma vir iets. Ma sê: “Nee,” en kyk weer na die vloer waar haar ander seun besig was om hard te werk aan Tae Kwon Do. Maar, ‘nee’ was blykbaar die verkeerde antwoord. Kan jy jou dit indink? Weer verduidelik ma aan die klein seuntjie dat die antwoord ‘nee’ was, waaraan hy hom min gesteur het.

Binne sekondes het die ineenstorting begin. Met hardnekkige vasberadenheid - in stygende desibels omdat kinders weet dat ouers doof is - pleit die seuntjie passievol vir hierdie begeerte van sy hart, d.i. iemand anders se speelding. Weer, maar hierdie keer soos ‘n flitsende weerligstraal, kom die geskokte maar ferm reaksie, ‘Nee!’. ‘Wat makeer jou? Verstaan jy nie Engels nie?’ Sy herinner hom dat die speelding nie aan hom behoort nie, dit is ‘n ander kind s’n.

Die seuntjie begin toe al huilend en skreeuend rondomtalie terwyl hy op die top van sy goed ontwikkelde longe blaf, dit is verstommend hoeveel klank daardie klein mensies kan voortbring! Hy gooi homself neer op die grond, tol om en weier eenvoudig om ‘nee’ vir ‘n antwoord te neem. Ma was in die verleentheid, om die minste daarvan te sê. Haar gesig het onmiddellik verskillende kleure geword, al die skakerings van rooi, amper iets soos die blare op New England bome in die herfs. Ek wou help maar was bang my inmenging sou net dinge vererger. Verskeie belangstellende ouers het die situasie hulpeloos dopgehou. Sommige het gewonder wat gaan gebeur. Sal ons ‘n moord aanskou? Ander - die vriendelik en bedagsame dames in die groep - wou ‘n reddingsboei uitgooi en ‘n reddingspoging begin. Ek dink hulle, beter as enigiemand anders, het haar pyn verstaan.

Die verbale toutrekkery het voortgegaan vir ‘n geruime tyd, die ‘heen en weer’ herinner mens aan een of twee redelik groot boswerkers aan elke punt van ‘n sesvoet saag wat hard spook om ‘n Redwoodboom plat te trek. Maar helaas, daar was niks wat Ma kon doen nie. Die kind was onversetlik en hoes homself toe in ‘n hewige hoesaanval in wat hulle genoodsaak het om uit te gaan, gered, al is dit net vir ‘n oomblik deur die deur wat agter hulle toemaak. Ek wonder wat het met daardie seuntjie gebeur. Ek wonder of ek hom ooit weer sal sien….

Net nadat die deur agter hulle toegegaan het, kom ‘n man langs my sit. Hy maak toe ‘n paar snedige aanmerkings oor die ma se opvoedingsvaardighede en verseker my dat as dit sy kind was, dinge anders sou wees. Toe hy toevallig opmerk dat ek hom nie gelukwens met sy wysheid nie - ek het die arme vrou jammer gekry - het hy van koers verander, die mas gehys en dadelik begin seil. Min het ek geweet dat ek as die eerste stuurman, die hoof luister beampte gekies is. ‘n Reis was dit wel, vakansie definitief nie. Ek het nie probeer om ongeskik te wees nie, maar wou net nie praat op daardie oomblik nie. Ek wou maar net oogkontak maak met my seun en hom wys dat ek elke oorwinning van hom raaksien.

Die man se verbale seile is deur die noordewind weggevoer -‘n sterk wind, moet ek sê want in die end het dit ons halfpad om die intellektuele wêreld geneem - totdat ons abrup op die eiland van politiek geland het. Eerstens, gee hy my ‘n lesing aangaande die oorlog in Irak en hoekom dit anders hanteer moes gewees het. Dit het voorgekom asof hy alle soorte antwoorde vir Amerika se buitelandse beleidsprobleme gehad het. Ek wonder of hulle nie dalk hulp soek nie.

In elk geval, hy was teleurgesteld met Amerika en nog meer met Kanada se onbetrokkendheid in Irak. Ek het ‘n paar verbygaande aanmerkings gemaak wat hy summier afkeur as onvanpas en van koers af - alhoewel dit basies ooreengestem het met sy siening oor Kanada. Daarna het ek eenvoudig net probeer om hoflik te wees met ‘n kopknik af en toe en om die waarheid te sê, ‘n luisterende oor geveins. Ek het probeer om my seun dop te hou en hy was besig om die hele ding ondraagliker te maak as wat die seuntjie paar oomblikke vroeër gedoen het. Eintlik, as ek kon kies tussen die twee… wel, jy weet waarheen gaan ek nou hiermee….

Tweedens het hy oor godsdiens van alle dinge, begin gesels. Hy was woedend vir die Katolieke kerk, beledigings geslinger na die pous en na hom en sy geloof verwys as niks anders as ‘n ‘geldhonger masjien’. ‘Hulle stel net in my beursie belang,’ het hy protesteer, ‘maar wat het hulle nog ooit vir my gedoen?’ Hy het egter baie vinnig bygevoeg dat hy ‘n ware Christen is en in dieselfde asem gesê dat daar drie soorte mense is wat reguit hel toe gaan. (1) politici (2) alle professionele atlete en natuurlik (3) prokureurs. (Daardie arme prokureurs). Hy het gesê hulle het almal een ding in gemeen: hulle steel, bedrieg en word ryk deur ander mense. Toe ek protesteer dat hy nie net een sonde nie maar drie gelys het, het hy my vinnig verseker dat in realiteit hierdie sondes almal opgerol is in een groot oorlogbal!

Maak nie saak wat ek gesê het om hom te laat verstaan dat ek regtig my seun wil dophou nie, hy was vasbeslote dat ek aandag sal gee aan sy misnoegde gemoed. Dit was asof hy my aan die keel gegryp en ge-eis het dat ek sal luister na sy probleme, griewe en opinies. Dit was ‘n versmorende ondervinding, smagtend na vars lug, as jy verstaan wat ek bedoel.

Ek veronderstel dat sommige van julle wonder hoekom ek ‘n storie omtrent ‘n oorverdowende kind en ‘n beswaarde volwassene teenoor mekaar stel. Wel, hier is die punt: of jy nou drie of dertig is, selfgesentreerde veeleisendheid is lelik! Plein en simpel! As ons dit aan mense doen, dan sal ons dit ook aan God doen.

Nie my wil nie, maar U Wil geskied!

Het jy al ooit voor die Here gestaan en skaamteloos jou eie wil oor iets ge-eis? Het jy Hom al ooit aan die keel gegryp, om dit so uit te druk en ge-eis dat Hy jou lewe moet laat werk? Nou dadelik! Dat Hy sal ingryp, of anders…. Moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek praat nie van volgehoue, opregte, innige gebede nie. Ek praat van afgodery. Ek praat van ‘Ek wil dit hê, kom wat wil!’

Almal van ons het een of ander tyd - dalk juis nou - ons gierige vingers te styf om ons kinders, besittings, geld, hoop en verwagtinge geklem en dan ge-eis dat God ons agendas ondersteun, knaend Hom ‘uitgenooi’ om ons ambisie te seën. Almal van ons is soos daardie seuntjie en die volwassene, ons begeertes kom eerste en bewaar die persoon wat in die pad daarvan kom, insluitende God. ‘Dis ons weg, die hoofweg’.

Maar hierdie is nie die Christelike lewe wat ons Heer vir ons gedemonstreer het nie en waarnatoe Hy ons nou minsaam oproep. Hy het suiwere en ononderbroke vrede in Sy verhouding met God geniet omdat Hy gehoorsaamheid geleer het deur sy beproewings (Heb 5:8). In plaas van om Sy hart weg te draai van God in woedende uitdaging en aandrang, het Hy Hom onderwerp aan die Een wat Hom liefhet. ‘Terwyl Christus op aarde was, het Hy God met trane geroep en gebid dat God Hom moet red van die dood, want God het mag om dit te doen. Omdat Christus Homself altyd aan God oorgee het en gehoorsaam was, het God sy gebed verhoor.

Is ‘eerbiedige onderdanigheid’ die patroon in ons lewens? Gebaseer op die eerste skrif, kan ek u vertel dat dit presies is wat die Here baie ernstig in ons lewens wil vestig, hier en nou, sodat die hemel later nie vir jou ‘n vreemde plek sal wees nie. Die hel is gevul met menslike wil, die hemel is gevul met Sy wil. Die hel is ‘n plek waar mense vry is om voort te gaan om hul uittarting te beoefen maar weet verseker, ‘daar is geen vrede vir die goddelose nie’. Die hemel is vir dié wat deur Getsemane met hulle Here gegaan en verskyn het, proklamerend, ‘Nie my wil nie, maar U wil geskied, O Heer!’ Die vreemde ding omtrent eerbiedige onderdanigheid, is dat in die loslatingsproses, word ons volledig mens, nie minder nie. Wanneer ons koppig weier om te onderwerp, met gebalde vuis uitdagend in die lug, word ons lelik en iets minder as voluit menslik.

So ongelooflik en geweldig was ons Heer se gehoorsaamheid aan Sy Vader, dat die eerste kerk dit uitgedruk het in verhale, lering, poësie, visioene en liede. Dalk een van die mees bekende liede is die Christus Lied in Filipense 2:5-11

2:5 Oor hierdie dinge moet julle ook dink soos Jesus Christus daaroor gedink het.,

2:6 Al was Hy ook God,

het Hy nie gedink dat sy Goddelike status iets was waaraan

Hy ten alle alle koste moet vasklou nie

2:7 Hy het self sy goddelike eer prysgegee

en ‘n slawelewe aanvaar toe Hy mens geword het.

Hy was werklik mens soos ander mense

2:8 maar Hy het Homself nog verder verneder.

Hy was aan God gehoorsaam

Selfs al het dit beteken dat Hy soos ‘n

—misdadiger op ‘n kruis doodgemaak is.

2:9 Dit is daarom dat God Hom

die hoogste eer en ‘n naam gegee het

wat belangriker is as enige ander is.

2:10 Almal wat in die hemel is en op aarde en in die doderyk

sal voor Jesus die knie moet buig om Hom te aanbid

2:11 en almal sal moet erken dat Hy die Here is.

Daardeur sal hulle God die Vader ook eer.

Hierdie vroeë lied - wat klaarblyklik gesirkuleer het in die kerk voordat Paulus dit gehoor het - is omtrent Christus se lyding en heerlikheid. Dit begin met die opdrag om die gees van die lied te laat weergalm in jou gebeente, om God se wil vrylik deur jou are te laat vloei, al kos dit jou lewe. (v. 5)

Hierdie lied kan opgebreek word in twee basiese dele, wat saam die tweeling temas van beproewing en verheerliking ontwikkel. In 2:6-8, klink die lied se melodie ‘n bittersoet noot van Christus se gewillige onderdanigheid, lyding en vernedering. In 2:9-11, breek die lied uit met jubelende klanke wat die vertrek vul met die soet musiek van Christus se verheerliking en daaropvolgende Koningskap. Sien u die patroon? Eerste, gewillige beproewings en dan roemryke verheerliking.

Het u die aanmerking ‘selfs dood aan ‘n kruis’ in v 8 opgemerk? Dit lyk asof dit Paulus se eie byvoeging tot die lied is en dit fokus ons aandag nie alleen op Jesus se gewilligheid om te sterf nie, wat insigself die onpeilbare diepte van sy godsaligheid en onwankelbare getrouheid, onderstreep nie (Heb 12:2), maar ook sy gewilligheid om die skande en vernedering van die kruis te verduur. Hy is doodgemaak asof ‘n gewone krimineel. Tog trek die smaad van Sy dood spesifiek die aandag na die majestueuse skoonheid en diepte van sy kinderlike gehoorsaamheid in Getsemane. Golgota se geveg was gewen, nie op daardie heuwel nie maar in ‘n tuin die nag voor dit. ‘Nie My wil nie, maar U wil geskied!”

El wonder of ek ooit daardie kind weer sal sien. Dalk…Ek gaan dikwels na die Tae Kwon Do dojo dikwels en hy sal waarskynlik weer daar wees saam met sy ma. Ek wonder ook of ek ooit daardie man sal sien. Heel waarskynlik. Maar een ding is verseker. God het hulle gebruik in my lewe daardie dag. Deur hulle het die Here aan my gewys hoe styf ek my speelgoed vashou en hoe nodig dit is dat ek gehoor moet word. Deur hulle het die Here my die lelikheid van my eie sonde en wantroue gewys. Dalk het Hy u ook iets gewys.

Heer, ek dank U vir u tere genade en onvermoeide liefde. Jesus, ek dank U dat nie alleenlik, red U dood my nie, dit gee ook rigting aan my lewe. U het my in hierdie lewe ingeroep en gesê: ‘Ja’ vir U eie wil en ‘nee’ vir my eie wil. So, ek onderwerp my aan U, Heer. Wat ookal U verlang, deur U genade sal ek dit doen. Ek wil slegs U plesier. Ek het U lief Vader en ek gee my hart aan U. Dankie vir die vreugde om in U teenwoordigheid te leef!

Related Topics: Theology Proper (God), Devotionals

Report Inappropriate Ad